Die wenner van die Solidariteit Verpleeggilde se Verpleegster van die Jaar toekenning, Henriette Harris saam met die Bestuurshoof van Solidariteit, Dirk Hermann

Die Solidariteit Verpleeggilde het Vrydagaand tydens ‘n glansgeleentheid erkenning gegee aan die verpleegberoep deur toekennings te oorhandig aan die Verpleegsters van die jaar.

Die Verpleeggilde se doel is om ‘n nuwe tradisie te begin met ‘n jaarlikse kompetisie waar verpleegsters die geleentheid het om deur hulle kollegas  of lede van die publiek genomineer te word waarna die top-10-verpleegkundiges dan by ‘n glansgeleentheid vereer word. Die doel hiervan is om erkenning te gee aan verpleegkundiges maar ook om die publiek bewus te maak van die belangrikheid van hierdie beroep en nuwe waardering te kweek.

“Die hele beroep bestaan uit verpleegSterre. Ons wil elke verspleegster se onmisbare rol in ons samelewing erken en dankie sê vir die geweldige opofferings wat hulle maak. Daar is soveel dae wat hulle nie ‘n teetyd  het nie en waar kos ‘n bysaak word. Hulle is letterlik daar vir pasiënte en hou hande vas wanneer geliefdes nie naby is om hul plek vol te staan nie. Daarvoor verdien hulle al die eer wat hul toekom,” sê Henru Krüger, sektorhoof van professionele gildes by Solidariteit.

Die inisiatief deur die Verpleeggilde het sy ontstaan binne die Covid-19-pandemie. Volgens Krüger het dit die moed en toewyding waarme verpleegkundiges daagliks hulle werk doen beklemtoon.

Kollegas en die publiek is die geleentheid gegee om verpleegpersoneel te nomineer waarna die top tien deur ‘n openbare stemproses bepaal is. Die top tien is daarna aangewys en die top drie wenners by die glansaand gekroon. Die hele proses word deur die meeste aantal stemme bepaal.

Die wenners en pryse is as volg:

1ste Plek: Henriette Harris van LIFE COSMOS HOSPITAL in Witbank

2de Plek: Alta Claudine – Kloof Hospitaal Mediclinic

3de Plek: Yolande Durant – Matlosana Medical Health Services – Klerksdorp


Eerste prys:
Naweek vir vier persone by Kokoriba Wildreservaat, terwaarde van R3000. Asook ‘n kontant prys van R7000.

Tweede prys: ‘n Skoonheid en velsorg geskenkbewys terwaarde van R2000 en ‘n kontantprys van R3000.

Derde prys: ‘n Takealot geskenkbewys terwaarde van R2500.

“Hierdie wonderlike voorsteliniewerkers verdien eindelose waardering en ondersteuning vir hul toewyding. Deur hierdie inisiatief kan ons tot ‘n mate dankie sê aan verpleegkundiges wat hulle kollegas en die publiek se lewe aangeraak het. Hulle het nie hierdie beroep gekies vir die salaris nie maar om in diens van ander te staan. Ons salueer elkeen van hulle en sê uit ons harte dankie,” sê Krüger.

Mediaverklaring: Solidariteit Verpleeggilde